meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Baie Dankie Moeder

Wednesday 21 January 2015

Baie Dankie Moeder

Hallo Ma

Hoe gaan dit da

Hie gaan dit goed

Het nie ‘n keuse nie, dit moet

 

Ek skryf net om dankie te sê

Om so ‘n ma soos ma te kan hê

Want ek dink vandag terug

Ses en twintig jaar terug.

 

Daar in die Kroonstadse Hospitaal

Het ma die grootste prestasie behaal

Dankie dat ek daardie dag die lewenslig kon aanskou

Met vaal hare en oë, blou

 

Ek was miskien nie die soetste

En miskien ook nie die stoutste

En ek hoop dat ma trots op my kon wees

Al was ek maar altyd ‘n bietjie bedees

 

Nou dat ek groot is

Sien ek van watter waarde my moeder vir my is

Ek weet nou waardeur sy alles moes gaan

Sodat ek kon bestaan

 

Baie dankie vir die wat ma moes ly

Baie dankie vir al die aandag aan my gewy

Baie dankie vir al die geween

Mag God u seën.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment