meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Askan

Tuesday 27 January 2015

Askan


Blink was ek in my raam
Soos dit ‘n goeie venster betaam
Dis toe dat die bal deur my gaan
En ek beland toe in die askan
 
Hier is ‘n porsie rys
Oorblyfsels van die vleis
‘n bietjie pampoen
‘n veter van ‘n skoen
 
ondertoe is vanoggend se pap
en ‘n bietjie lemoensap
‘n verlepte wortel
‘n leë bierbottel
 
‘n Verlepte blom
‘n leë buisie gom
‘n geskeurde vadoek
die krummels van ‘n koek
 
Alles in een kan
So sal ons na die ashoop gaan
Wat sal van ons word
As hulle ons daar stort?
 
 
L.C.J. Engelbrecht

No comments:

Post a Comment