meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Atletiek

Wednesday 28 January 2015

Atletiek


Die skoot die klap
Hakke word in die aarde gekap
Die aarde word geskeur
Soos hulle vorentoe beur
 
As hulle so draf
Kom die voete al vinniger af
Die aarde dril
En die tyd staan stil
 
Nog ‘n ver pad om te gaan
Nog halfpad om die baan
Hulle is besig om hulself te moor
Want elkeen wil voor
 
In die pylvlak
Sal van hulle uitsak
Blitsvinnig en glad soos seep
Gly hy oor die wenstreep.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment