meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Grootmense

Wednesday 28 January 2015

Grootmense


‘n Grootmens se gedrag
sou jy verwag
moet onberuspelik wees
sadat ‘n kind dit reg kan lees
 
Maar in die meeste gevalle
En die grootste getalle
Laat dit veel te wense oor
En dra dit so aan die kinders oor
 
Die kinders weet maar alte goed
Wat hulle nie mag nie an wat hulle moet
Maar as die grootmense dit anders doen
Hoekom mag hulle dit nie ook so doen
 
Die grootmens stel die voorbeeld
Die kind volg dit maar alte gereeld
Sal dit dan die goeie of slegte wees
Vir die kind sal dit die regte wees.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 
 

No comments:

Post a Comment