meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ons is Een

Wednesday 28 January 2015

Ons is Een


Gelukkig vir my
Het ek ‘n vrou gekry
Gelukkig vir haar
Was ek daar
 
Ons trou toe sommer
Niks om ons oor te bekommer
Die lewe lê voor
Buite sing ‘n engele koor
 
Ons woeker en werk
En wat sou ons merk
Twee kinders op ‘n ry
heeldag aan die stry
 
Dit maak ons ‘n gesin
Wat mekaar bemin
Jy sien wat ek meen
Ons is een.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment