meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Krieket

Wednesday 28 January 2015

Krieket


Die bouler is gereed
Die kolwer is gereed
Die bouler storm vorentoe
Die kolwer tree vorentoe
 
Die bal kom uit sy hand
En hop op die kant
Swaai dan in
Maar die paaltjies is te dun
 
Nog ‘n bal met geweld
Het die kolwer ontsteld
Hy haak hom met al sy krag
Na die ou wat op die grens wag
 
Die bal trek hoog
Met ‘n boog
Ver oor su kop
Om nog verder te hop
 
Die volgende bal haak hy na regs
En het geen lopies gekry
Want voor die bal kon hop
Word sy beurt gestop.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment