meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ossewa

Wednesday 28 January 2015

Ossewa


Die stof die trek
Soos die osse die werk
Die sweep kom neer
Al is hulle pote seer
 
Hulle swoeg en sweet
Maar niemand het die myle gemeet
Dis net vorentoe
Ons gaan noorde toe
 
Dis net aanhou en uithou
Dit begin al met die eerste moredou
Hou die wiele aan die draai
Tot waar kan ons nie raai
 
Dae, weke, maande
Maar ons bly staande
Die werk is hard
En daar’s nie tyd vir smart
 
Ons is amper daar
En ons pote is gaar
Daar sal ons kan rus
En miskien die harde werk mis.
 
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment