meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Kersete

Wednesday 21 January 2015

Kersete

Die Kerstyd kom nader

Dan sal die familie weer vergader

Om ‘n heerlike Kersete

Die meisies se figure vergete

 

Hoender-, skaap-, vark- en beesvleis

En groot skottels rys

‘n Groot bak slaai

Vars vis direk van die kaai

 

Daar’s wyn vir Afrika

Almal het bygedra

Die wyn gee glo eetlus

Maar dit lyk eerder of dit, dit blus

 

‘n Gepeusel hier en ‘n gepeusel daar

die kos lyk darm gaar

van die kos bly baie oor

van die wyn bly niks oor

 

Sy kyk na die leë bottels wyn

In haar oë sien jy die pyn

‘Jy sal my nooit weer kry

om ‘n Kersete te berei’.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment