meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wins

Wednesday 28 January 2015

Wins


Wins, wins, wins
Almal stel net belang in wins
Maak nie saak hoe hy dit kry
Maak nie saak hoeveel daaronder sal ly
 
Al is dit ons beleid
Is dit nie gierigheid?
Gierigheid is teen die Bybel
Asook om ander mense te kul
 
Te min geld vir hul arbeid
Anders is die wins nie so wyd
Onaangename werksomstandighede
Hulle is mos nie bestuurslede
 
Elke jaar moet ‘n grootter wins getoon word
Maak nie saak hoeveel trane ons stort
Hul oogpunt is om ‘n wins te sien
Maar wie kry die geld miskien
 
Hy wat die hardste werk?
Of hy wat die minste werk?
Hy wat werk in die aanleg?
Of hy wat teen sy vet sit en veg?
 
L.C.J. Engelbrecht
  

No comments:

Post a Comment