meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Oefen en Draf

Tuesday 27 January 2015

Oefen en Draf


Duisende atlete kom byeen
Nie een kan op die ander steun
Dit is elkeen vir homself
Om vir sy goud, silwer of brons te delf
 
Hulle kom van noord, wes, oos en suid
Om alleen te wees in sy stryd
Want die kilo’s is taai
Onder die atlete gaan hy maai
 
Hoe verder hoe moeiliker
die bene al hoe onbeweegliker
Te min geoefen en gedraf
Voel nou die kilo’s se straf
 
Goed geoefen goed gedraf
Draf hulle die kilo’s kaf
Om die beker te ontvang
Terwyl die ander se ore hang.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
  

No comments:

Post a Comment