meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Skinder

Tuesday 27 January 2015

Skinder


As iemand sê
Ek wil nie skinder nie net sê
Dan moet jy nou maar weet
Hier gaan geskinder word dat dit sweet
 
As iemand sê
Gerugte wil dit hê
Dan word daar gepraat
Van almal in die straat
 
Het jy gehoor… word mee begin
Lieg dan twee keer in elke sin
Die storie is gewoonlik van koers
En hulle is gewoonlik jaloers
 
Mag jy aanhou hik
Totdat jy stik
Mag jou tong knoop
An die mense jou ‘Skinderbek’ doop.
 
L.C.J. Engelbrecht
 
 

No comments:

Post a Comment