meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Sterre Voorspel

Sunday 11 January 2015

Die Sterre Voorspel

Wat voorspel die sterre vir die nuwe jaar

Dit hang af in watter maand jy verjaar

Van Januarie tot Desember

Van Steenbok tot Boogskutter

 

Ramme het die dryfkrag

Om baie te vermag

Bulle ‘ns besonder sensueel en spaarsaam

Maar op die ou end nie so bedagsaam

 

Tweeling het ‘n wispelturige persoonlikheid

Is geselserig, pretlustig met skerpsinnigheid

Krewe is huisvas

En hou sy geld stewig in sy sak vas

 

Leeus hou van grootdoenigheid

En gee geld uit op alle stuitigheid

Maagde beplan met dodelike presiesheid

Jou ondergang is egter jou versigtigheid

 

Weegskaal mense is traag

Maar geld maak, dit wil hulle graag

Ambisieus en vindingryk is die Skerpioene

En hulle bly maar die kanpioene

 

Boogskitters is afsydig en idialisties

Geestelik aangelê en heeltemal onprakties

Steenbokke is konserwatief en versigtig

Suinig, onbuigsaan en agterdogtig.

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment