meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Kitaardorp se mense

Tuesday 10 February 2015

Kitaardorp se mense

Kitaardorp se manse

Is pragtige mense

Is vol-liefde mense

Sonder aansit-mense

En straight forward mense

Op die aarde mense

 

Hier waar ons bly is kerkmens en sondaar

By die Carousel is ons dobbellaars

Ons speel die perde by die racetrack

En ons drink Lennon se Duiwelsdrek

Jy waag jou lewe in ons strate

Die teer is gedaan en vol gate

 

Die ander mense in die dorp daar bo

Wil nie weet van ons bestaan en sê so

Daar kleef ‘n stigma aan my en jou

Dis hoekom ons onder mekaar trou

Gelukkig verstaan ons mekaar dan

En ons weet dan ook waarheen ons gaan

 

Ons het ook miljoenêrs en bedelaars

Baie armes en huiseienaars

Ons bly in ons joint of die mission

Party het dit breed ander maar din

Ons is trots ons is Riversdallers

Ons het ganse, skape en kallers

 

Daar is klein erwe en daar is plotte

Daar is mooi huise en daar is krotte

Dit maak nie saak hoe lyk ons huise

Vir ons bly dit nogtans ons tuiste

Hy mag miskien nie vir jou mooi wees

Kyk nie met jou oë maar met jou gees

 

Of jy nou skeef na ons kyk al dan nie

Al sien jy ook neer op ons ons sal nie

Ons is ook net mense soos julle

Ons in net mense sonder grulle

Noem ons net wat julle ook al wil

Aan ons maak dit nie ‘n groot verskil

 

 

L.C.J. Engelbrecht

 

 




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment