meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Koerant

Wednesday 7 January 2015

Die Koerant

Ek lees my koerant

Nuus van reg oor die land

Met volop berigte

En vreemde gesigte

 

Geld word gevra

Om die weeskinders te dra

‘n vakansie by die see

Elkeen moet tog ‘n ietsie gee

 

Die polisiewoordvoerder

Soek na ‘n ontvoerder

‘n seuntjie van twee

is met hom mee

 

Van koeke en klere

Parfuum van alle geure

Van ‘n krakerige sjokoladerol

Tot kastuums en trye van wol

 

Dit is die vroue blad

Alles loop daar sommer glad

Want die sterre gee jou raad

Van knoffel en boontjiesaad

 

Laastens die sport

Iets oor Naas en Ray Mort

Van atlitiek, tennis en boks

Iets oor tekkies en Rugbytoks

 

Lukas Engelbrecht




This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

No comments:

Post a Comment