meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ver, ver...

Wednesday 13 July 2011

Ver, ver...


Ver, ver oor die vlaktes tuur ek
Wat vrede in my gemoed wek
Oor lande en bome
teenaan die aarde se some

Ek verwonder my aan die verte
Aan die natuur se merke
Want hoekom sal sit nou eintlik so wees
Wie het besluit waar elke boom sal wees

Elke boom met sy eie vorm
Ge-ets deur die natuur se storm
Maar ek hoor hulle nie kla
En ook na niks vra

Nou sing die wind deur sy blare
En saam vorm hulle ‘n skare
Dan sing hulle saam
En hulle is nie eers skaam

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment