meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: My lied vir Jou

Friday 15 July 2011

My lied vir Jou


Ek soek na die woorde vir ‘n lied
Met so ‘n bietjie verdriet
‘n lied wat gesing kan word
terwyl jy ‘n traantjie stort

‘n Lied waarna jy kan sit en luister
en hees die woorde fluister
agter die sanger aan
terwyl jy staar na die maan

Met jou geliefde aan jou sy
Probeer jy ‘n traan vermy
‘n traan blink in die nag
haar hartjie, klein en sag

Julle glimlag weer
As jy die plaat omkeer
Dis net so mooi
Vir jou en jou nooi.

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment