meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Omdat ek jou liefhet

Sunday 17 July 2011

Omdat ek jou liefhet


Omdat ek jou liefhet
Deel ek jou handseer en jou pret
Jou lag en jou traan
Waarheen jy ookal in jou gedagtes gaan

Omdat ek lief is vir jou
Sal ek jou in my arms toevou
Jou vashou tot die oggend uur
Hoe lank die nag ookal mag duur

Omdat ek jou bemin
En al maak dit nie sin
Is ek altyd daar vir jou
Al sou die dood ons toevou

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment