meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Jy is 'n Wonderwerk

Tuesday 12 July 2011

Jy is 'n Wonderwerk


Soos die geboorte van ‘n kind
Soos die rigting van die wind
Soos die wolke wat bly sweef
Soos die reën wat weer laat leef
So is jy ‘n wonderwerk

Soos die son weer op sal kom
Soos dou druppels op ‘n blom
Soos die strale van die son
Soos die berge van beton
So is jy ‘n wonderwerk

Soos die golwe van die see
Soos die wind die aarde vee
Soos die maan die nag verlig
 Soos ‘n engel se gesig
So is jy ‘n wonderwerk

Soos ‘n Swaeltjie in die lug
Soos ‘n Arend in sy vlug
Soos die blare aan ‘n tak
Soos die son wat weer sal sak
So is jy ‘n wonderwerk

Soos jou drome in die nag
Soos die maan wat vir jou lag
Soos die glinster van ‘n ster
Soos die hemele daar ver
So is jy ‘n wonderwerk

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment