meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Geloof

Monday 25 July 2011

Geloof


Saggies val die reën op die tent
As ek my na Jesus wend
En Hom vra om my te leer
Van die liefde en die hartseer

Geloof is om dit te doen
Nie net te sit nie maar te doen
Dit wat jy nie uit kan werk
Nie jy ook nie die kerk

Want sit jy dan sit Hy
Werk jy werk Hy aan jou sy
Want doen jy niks meer nie
Kan Hy jou ook nie meer help nie

Bou jy vir jou ‘n huis
Maak Hy Hom daarin tuis
Al bly jy in ‘n pondok
Sal jy Hom nogtans daarheen lok

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment