meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die wind sing

Monday 25 July 2011

Die wind sing


Op die golwe se musiek
Lewer jy geen kretiek
Want die klanke in jou ore
Is lank voor jou gebore

Hoor jy die wind se stem
Hy wat die waters tem
Want jy kan heeldag sit en luister
In die sand vasgekluister

Die golwe so helder soos glas
Wat om die strand neerplas
So vorm Hy die noot
Wit skuimend groot

Die een noot op die ander
Wat in ‘n melodie verander
Saam soos in ‘n koor
Met die woorde wat net jy wil hoor

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment