meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Drinkwater

Thursday 14 July 2011

Drinkwater


‘n Waterbak vir die bees
Staan alleen en lyk so wees
In die son lê die water blink
Net vir die bees ingeskink

Geduldig lê die water en wag
Om ‘n bees se dors te versag
Om sy dors te les
Op die bossies is die res

So help die waterbak die boer
Om vorentoe te loer
Na nog ‘n winsgewende jaar
Waar klein kalfies kan baljaar

So sien hy hulle kom en gaan
Daar waar hy jaar na jaar staan
Daar staan hy eenkant en alleen
En kort-kort ‘n traantjie ween

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment