meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Grassies in die wind

Thursday 14 July 2011

Grassies in die wind


Die grassies waai in die wind
Soos ‘n regte stoute kind
Wat hardloop en baljaar
Dit maak jou eintlik naar

Onophoudelik aan die gang
En niemand kan hom vang
Op en af, heen en weer
Vorentoe, agtertoe met een tree

Tussen al die grassies deur
En buig hulle voor hom neer
Geen grassie word ontsien
Elkeen ongevraagd bedien

Wie sal hom vas kan gryp?
Hom aan sy oor kan knyp?
Hom op sy boud kan slaan?
Of moet ons hom maar laat begaan?

Lukas Engelbrecht


No comments:

Post a Comment