meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek is jammer

Friday 22 July 2011

Ek is jammer


Ek is jammer as ek na jou staar
want jy is so kosbaar
Ek is jammer as ek jou bewonder
en skoenlappers in my maag fladder

Ek is jammer as ek jou wil vasdruk
jou teen my hart druk
Ek is jammer as ek jou wil soen
en alles wat ek aan jou wil doen

Ek is jammer oor my gedrag
as ek in my siel glimlag
Ek is jammer as ek aan jou wil raak
 om jou aanraking te kan smaak

Ek is jammer as dit jou grief
maar ek het jou lief

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment