meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ligte

Thursday 28 July 2011

Ligte


‘n Honderd ligte in ‘n ry
Daar waar die motors moet ry
Geduldig skyn hulle neer
Op die klipharde teer
Om rigting te kan gee

Verlig is die pad wat jy moet gaan
Maar nie as jy net daar bly staan
Want welke koers jy ook al in sal slaan
Daar sal ‘n liggie vir jou staan
Want die lig skyn net as dit donker is

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment