meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Chaos

Thursday 14 July 2011

Chaos


Wat maak ‘n miershoop in die veld
Tussen die wind en weer geweld
Stil staan hy net daar
Na die grootte hemel en staar

Goed beskerm teen die weer
Toegesluit is die deur
Geen vensters om deur te sien
Of is daar miskien?

Binne woel ‘n duisend mier of meer
Oral in die gangetjies deur
Dit werskaf en dit woel
Almal gerig op net een doel

Geen mier is uit sy plek
Soos ons hier op aarde chaos wek
Want elkeen het sy eie idée
Watter chaos bring dit nie mee?

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment