meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek sien mense.

Tuesday 12 July 2011

Ek sien mense.


Ek sien mense hulself met hulself vermaak
Terwyl hulle dwase van hulself maak
Hulle in hulle eie wysheid verstik

Ek sien mense wat die wêreld besit
Soos dooies hulle bene regskud
En agter onbenullighede aan hardloop

Ek sien mense spot met die geestelike
 en aanhang aan die verganklike
Dit wat verbygaan verhef hulle

Ek sien mensehelde van mense
Wanneer hulle hul vergelyk met mense
En kompeteer om die liggaamlike

Ek sien mense hul liefde goedkoop
Maar dit waarvan hulle oorloop
Is hulle eiewyse dwaasheid

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment