meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek wens jou geluk

Friday 22 July 2011

Ek wens jou geluk


Ek wou jou so graag gelukkig sien
Met ‘n glimlag wat oor jou gesig skyn
Maar die glinster in jou oë
Was ‘n traan op jou wang

Ek weet jy het gedoen wat jy mles
Wat jy geglo het van jou verwag word
Maar uit die venster van jou siel
Skyn die donkerwolke deur

Ek wou jou teen my vasdruk
Om jou hardseer te verlig
Want tussen al die mense om jou
Lyk jy tog so alleen

Nou kan ek net hoop en bid
Dat jy tog geluk sal vind
En ware liefde sal ontdek
Dit is wat ek uit my hart uit wens

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment