meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 'n Lewetjie

Tuesday 12 July 2011

'n Lewetjie


‘n Bietjie man en baie vrou
‘n klein lewetjie ontvou
met die hulp van God se hand
in haar ma se ingewand

‘n Delikate sel-vermeerdering
groei tot ons verwondering
uit liefde bymekaar gebring
van sel tot suigeling

Hoeveel wonders het gebeur?
Hoeveel rose se geur?
Hoeveel diamante se glans?
Hoeveel feetjies se dans?

Om jou vir ons te gee
Wanneer jy die lewe betree
Onthou dan hierdie woord:
Jou liefde kan nooit te groot.

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment