meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Kos op die land

Thursday 14 July 2011

Kos op die land


Wie is die eienaar van hierdie grond?
Wie is die baas van hierdie plaas?
Het jy al geploeg, wanneer laas?

Boer jy met bos of boom
Is dit jou droom
Nie ‘n mielie of ‘n dier
Niks, maar niks nie, hier

Daar is nie kos op die land
Sal dit maar moet verpand
Sodat dit bewerk kan word
Iemand sy hart daarin uitstort

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment