meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Albatros

Tuesday 26 July 2011

Albatros


Diep blou die oseaan
Waaroor my gedagtes gaan
Vry soos ‘n albatross sweef
Ver na waar ‘n ander leef

‘n Ander plek, ‘n ander lewe
Waarookal my gedagtes strek
Na waar ek ookal wil wees
Daar by jou sal ek wees

Ek sal jou stem in die golwe hoor
Jou gesig lê hul vir my voor
So asof ek jou hand kan vat
As jy in die oseaan se water bad

My gedagtes bring jou tot hier
Nader, nader tot hier
Tot hier aan my sy
Al nader en nader kom jy

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment