meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?

Tuesday 12 July 2011

Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?


Het jy nie ‘n doel in my lewe
dit waarna ek strewe?
Het jy nie vir my rigting gegee
betekenis aan my lewe gegee?

Was jy nie die vriendin
wat ek bemin?
Was jy nie die glimlag
wat op my wag?

Was jy nie die reënboog
in my oog?
Was jy nie die lied
wat in my hart opskiet?

So, al gaan ek nou ook dood
en gooi hulle my in ‘n sloot
Dit is wat jy moet weet
Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment