meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Geld

Friday 15 July 2011

Geld


Geld het ek genoeg
Waarom sal ek swoeg
Ek kan koop wat ek wil
En so my geld verspil

Ek kan nog baie kry
Daarom voel ek vry
Ek is nie afhanklik van enigeen
Vir geld sal ek nie ween

Ek gee geld uit
Totdat die winkels sluit
Dan eet ek my trommel dik
Totdat ek verstik

Orals kan ek gaan
Niemand kan my vermaan
Want die koste kan ek dra
Wie kan dan kla

Niks is te duur vir my
Onder armoede sal ek nie weer ly
Geen gebedel vir geld
‘n Koppie suiker of ‘n speld

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment