meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Skulpies

Thursday 28 July 2011

Skulpies


Daar lê skulpies op die strand
Krappies op die land
Slakkies in die see
Maar die golwe sleur hul mee

Maar die slakkie is nou dood
En word ‘n ander vis se brood
En met nou net een teug
Is die skulpie nou leeg

Nou rol die skulpie op die sand
En land op in my hand
Hy wou lewe, so graag
Nou is hy in ‘n vis se maag

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment