meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: So is jy

Monday 18 July 2011

So is jy


Soos ‘n ster wat skitter in die nag
En nie wegkrimp vir die dag
Soos die weer oor die horison dryf
En die donder selfs die nag verdryf

So sag soos die water van die see
Al sleep die branders jou mee
Soos die verfrissende reëndruppel
As jy oor die poele trippel

Soos die son se strale teen my kom lê
Totdat my hart blase sal hê
En soos die maan my weer sal troos
En my hartseer weg sal toor

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment