meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Gedagtes

Tuesday 26 July 2011

Gedagtes


Stil hang die wolke oor die see
En voer jou gedagtes mee
Na wêrelde wat kan wees
Al sien jy dit net in jou gees

Na ‘n plek wat vrede bring
Waar jy van vreugde kan sing
Na jou plekkie in die son
Jou plekkie, as jy net kon

Verder en verder weggevoer
Tot daar anderkant, daar doer
Tot daar waar jy wil wees
Al is dit net in die gees

En dit is alles goed en wel
As jy dit so kon bestel
Al sit jy nou nog hier
As jy die diep blou in tuur

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment