meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Op die strand

Wednesday 13 July 2011

Op die strand


‘n Ma en haar kind speel op die strand
Bou sandkastele in die sand
Heen en weer hardloop die kind
Na die golwe van die wind

Uitspattig geniet hy hom
As die golwe nader kom
Heldhaftig sal hy nader gaan
As die golwe verder gaan

Met ‘n glimlag geniet sy dit
Waar sy nou op ‘n bankie sit
In die golwe staan hul saam
Hand aan hand teen die golwe saam

Op ‘n handdoek op die sand
Speel ‘n ma met ‘n klein kalant
Dit is die liefde wat sy bou
‘n foto wat vir ewig hou

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment