meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek dink aan jou

Monday 25 July 2011

Ek dink aan jou


Dis verlange wat my aan jou laat dink
Na dieptes waarin my verbeelding sink
Om die duister dinge te onthou
En dit weer van aangesig tot aangesig te aanskou

Die dinge waaroor ons nie praat
nie in die geheim nie ook nie op straat
Want woorde is daar nie om te staaf
Want dit sal die graf net dieper graaf

Nog lank het dit nie gaan lê
As dit so vlak in my gedagtes lê
Te maklik om dit op te roep
Te moeilik om dit te groet

Na die dinge wat ek geniet
Soos die radio se musiek
Woord vir woord onthou ek dit
Waar ek hier eensaam en alleenig sit

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment