meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die mens se wysheid

Tuesday 12 July 2011

Die mens se wysheid


In my hart is daar ‘n leegte
‘n soeke na my deugde
die verwarring wat dit bring
laat my ‘n banneling

Die mens se wysheid
Verander tog mettertyd
In hulle dwaasheid
En glo ‘n nuwe wysheid

Dit laat my voel
Van die middeljare oorgespoel
Van die toekoms gekom
Soos ‘n onkruid te blom

Hard sal die mense swoeg
Maar die land bly ongeploeg
Terwyl my gesaaides staan
En niemand daar ingaan.

Lukas Engelbrecht


No comments:

Post a Comment