meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Ek kyk na jou

Wednesday 13 July 2011

Ek kyk na jou


Mense loop op die strand
Kaalvoet in die sand
as die golwe om hulle spat
tot by die kuite is hulle nat

maar die pense hang oor die broek
iewers skree iemand “Snoek”
dan has hul, hul na die skuit
en beskou die dag se buit

‘n vis te koop, ‘n vis te braai
Terwyl die suid-ooster buite waai
En die bier die vloei
Nog ‘n coke om in te gooi

Want by die woonstelvenster kyk ek uit
Na die mens se jolyt
En wonder wat gaan aan
En wonder oor ons bestaan

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment