meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die dae snel verby

Saturday 16 July 2011

Die dae snel verby


Ek krap die dae uit my lewe uit
hoe gaan ek die jare se dae stuit
en voor ek my kon kry
snel die dae verby

Vinnig blaai die blaaie om
Nog ‘n maand het gekom
Sy dae lê oop voor my
Wat sal ek uit hulle kry?

En voordat ek iets vermag
Verdwyn die son se krag
En die dag het voor my gaan lê
Sy kop onder die horizon loop lê

En wanneer die son weer opkom
En jy bereken die som
En jy sien wat jy daaruit kry
Is gister, vandag en môre lankal verby

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment