meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Op die kantlyn van jou hart

Tuesday 19 July 2011

Op die kantlyn van jou hart


Ek staan op die kantlyn van jou hart
En kyk na die spel van smart
Beseringstyd kom jy af
En kry ek die krummels van die tafel af
Want ek is nie deel van jou spel
Net die een wat die minute tel
Totdat ek jou weer sal troos
En los jy my hart weer broos
Al kry ek net ‘n minuut of twee
Geniet ek dit wel terdee
Met net ‘n lekseltjie liefde van jou
Waarop ek my ure bou

Lukas Engelbrecht

No comments:

Post a Comment