meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: 2011

Thursday 28 July 2011

Ligte


‘n Honderd ligte in ‘n ry
Daar waar die motors moet ry
Geduldig skyn hulle neer
Op die klipharde teer
Om rigting te kan gee

Verlig is die pad wat jy moet gaan
Maar nie as jy net daar bly staan
Want welke koers jy ook al in sal slaan
Daar sal ‘n liggie vir jou staan
Want die lig skyn net as dit donker is

Lukas Engelbrecht

Skulpies


Daar lê skulpies op die strand
Krappies op die land
Slakkies in die see
Maar die golwe sleur hul mee

Maar die slakkie is nou dood
En word ‘n ander vis se brood
En met nou net een teug
Is die skulpie nou leeg

Nou rol die skulpie op die sand
En land op in my hand
Hy wou lewe, so graag
Nou is hy in ‘n vis se maag

Lukas Engelbrecht

Tuesday 26 July 2011

Albatros


Diep blou die oseaan
Waaroor my gedagtes gaan
Vry soos ‘n albatross sweef
Ver na waar ‘n ander leef

‘n Ander plek, ‘n ander lewe
Waarookal my gedagtes strek
Na waar ek ookal wil wees
Daar by jou sal ek wees

Ek sal jou stem in die golwe hoor
Jou gesig lê hul vir my voor
So asof ek jou hand kan vat
As jy in die oseaan se water bad

My gedagtes bring jou tot hier
Nader, nader tot hier
Tot hier aan my sy
Al nader en nader kom jy

Lukas Engelbrecht

Gedagtes


Stil hang die wolke oor die see
En voer jou gedagtes mee
Na wêrelde wat kan wees
Al sien jy dit net in jou gees

Na ‘n plek wat vrede bring
Waar jy van vreugde kan sing
Na jou plekkie in die son
Jou plekkie, as jy net kon

Verder en verder weggevoer
Tot daar anderkant, daar doer
Tot daar waar jy wil wees
Al is dit net in die gees

En dit is alles goed en wel
As jy dit so kon bestel
Al sit jy nou nog hier
As jy die diep blou in tuur

Lukas Engelbrecht

Monday 25 July 2011

Die wind sing


Op die golwe se musiek
Lewer jy geen kretiek
Want die klanke in jou ore
Is lank voor jou gebore

Hoor jy die wind se stem
Hy wat die waters tem
Want jy kan heeldag sit en luister
In die sand vasgekluister

Die golwe so helder soos glas
Wat om die strand neerplas
So vorm Hy die noot
Wit skuimend groot

Die een noot op die ander
Wat in ‘n melodie verander
Saam soos in ‘n koor
Met die woorde wat net jy wil hoor

Lukas Engelbrecht

Geloof


Saggies val die reën op die tent
As ek my na Jesus wend
En Hom vra om my te leer
Van die liefde en die hartseer

Geloof is om dit te doen
Nie net te sit nie maar te doen
Dit wat jy nie uit kan werk
Nie jy ook nie die kerk

Want sit jy dan sit Hy
Werk jy werk Hy aan jou sy
Want doen jy niks meer nie
Kan Hy jou ook nie meer help nie

Bou jy vir jou ‘n huis
Maak Hy Hom daarin tuis
Al bly jy in ‘n pondok
Sal jy Hom nogtans daarheen lok

Lukas Engelbrecht

Ek dink aan jou


Dis verlange wat my aan jou laat dink
Na dieptes waarin my verbeelding sink
Om die duister dinge te onthou
En dit weer van aangesig tot aangesig te aanskou

Die dinge waaroor ons nie praat
nie in die geheim nie ook nie op straat
Want woorde is daar nie om te staaf
Want dit sal die graf net dieper graaf

Nog lank het dit nie gaan lê
As dit so vlak in my gedagtes lê
Te maklik om dit op te roep
Te moeilik om dit te groet

Na die dinge wat ek geniet
Soos die radio se musiek
Woord vir woord onthou ek dit
Waar ek hier eensaam en alleenig sit

Lukas Engelbrecht

Friday 22 July 2011

Ek wens jou geluk


Ek wou jou so graag gelukkig sien
Met ‘n glimlag wat oor jou gesig skyn
Maar die glinster in jou oë
Was ‘n traan op jou wang

Ek weet jy het gedoen wat jy mles
Wat jy geglo het van jou verwag word
Maar uit die venster van jou siel
Skyn die donkerwolke deur

Ek wou jou teen my vasdruk
Om jou hardseer te verlig
Want tussen al die mense om jou
Lyk jy tog so alleen

Nou kan ek net hoop en bid
Dat jy tog geluk sal vind
En ware liefde sal ontdek
Dit is wat ek uit my hart uit wens

Lukas Engelbrecht

Ek is jammer


Ek is jammer as ek na jou staar
want jy is so kosbaar
Ek is jammer as ek jou bewonder
en skoenlappers in my maag fladder

Ek is jammer as ek jou wil vasdruk
jou teen my hart druk
Ek is jammer as ek jou wil soen
en alles wat ek aan jou wil doen

Ek is jammer oor my gedrag
as ek in my siel glimlag
Ek is jammer as ek aan jou wil raak
 om jou aanraking te kan smaak

Ek is jammer as dit jou grief
maar ek het jou lief

Lukas Engelbrecht

Ek wil loer

Laat ek jou afloer

En in jou gedagtes inloer

En sien waarmee jy besig is

Sodat ek my daarin kan inrig

 

Ek wil jou vrese aanshou

Waaraan jy so vashou

En die deur vir jou oopmaak

Sodat jou liefde kan ontwaak

 

Ek wil jou liefde bewonder

En weet waar is môrester

‘n blik in jou fantasie

My liefde my lisensie

 

Lukas Engelbrecht

 



This message and any attached files may contain information that is confidential and/or subject of legal privilege intended only for use by the intended recipient. If you are not the intended recipient or the person responsible for delivering the message to the intended recipient, be advised that you have received this message in error and that any dissemination, copying or use of this message or attachment is strictly forbidden, as is the disclosure of the information therein. If you have received this message in error please notify the sender immediately and delete the message.

Tuesday 19 July 2011

Dit reën liefde


Wanneer die reën om my val
En jou liefde my oorval
En die druppels oor my vloei
As jou liefde my boei
‘n gevangene van jou liefde
‘n antwoord op al my gebede

Lukas Engelbrecht

Op die kantlyn van jou hart


Ek staan op die kantlyn van jou hart
En kyk na die spel van smart
Beseringstyd kom jy af
En kry ek die krummels van die tafel af
Want ek is nie deel van jou spel
Net die een wat die minute tel
Totdat ek jou weer sal troos
En los jy my hart weer broos
Al kry ek net ‘n minuut of twee
Geniet ek dit wel terdee
Met net ‘n lekseltjie liefde van jou
Waarop ek my ure bou

Lukas Engelbrecht

Monday 18 July 2011

So is jy


Soos ‘n ster wat skitter in die nag
En nie wegkrimp vir die dag
Soos die weer oor die horison dryf
En die donder selfs die nag verdryf

So sag soos die water van die see
Al sleep die branders jou mee
Soos die verfrissende reëndruppel
As jy oor die poele trippel

Soos die son se strale teen my kom lê
Totdat my hart blase sal hê
En soos die maan my weer sal troos
En my hartseer weg sal toor

Lukas Engelbrecht

Bymekaar vir altyd


Ons sal altyd bymekaar wees
Al moet ons dit in ons gedagtes lees
Al sal dit nabyheid wees
Of afstand ons lot wees

In my geestesoog ingebrand
Bymekaar met ‘n silwer band
In alles sien ek jou gesig
In die blomme en die sterre in die lug

Wanneer ek na jou verlange
En my gedagtes jou vasvang
Weet ek jy is altyd daar
Vir ewig bymekaar

Lukas Engelbrecht

Sunday 17 July 2011

Omdat ek jou liefhet


Omdat ek jou liefhet
Deel ek jou handseer en jou pret
Jou lag en jou traan
Waarheen jy ookal in jou gedagtes gaan

Omdat ek lief is vir jou
Sal ek jou in my arms toevou
Jou vashou tot die oggend uur
Hoe lank die nag ookal mag duur

Omdat ek jou bemin
En al maak dit nie sin
Is ek altyd daar vir jou
Al sou die dood ons toevou

Lukas Engelbrecht

Saturday 16 July 2011

Jou liefde in my hart


My hart is nou wel ‘n pomp
Maar jou nabyheid maak dit lomp
Want hy klop en stop
Soos ‘n bokkie rond hop
Hy wil dans en spring
En van jou liefde sing

Want dis jou liefde in my hart
Wat my lewe omkrap
Want ek is hardseer en bly
‘n gevangene en tog ook vry
Ek wil it vashou en ook deel
Maar jy het hom klaar gesteel

Lukas Engelbrecht

Die dae snel verby


Ek krap die dae uit my lewe uit
hoe gaan ek die jare se dae stuit
en voor ek my kon kry
snel die dae verby

Vinnig blaai die blaaie om
Nog ‘n maand het gekom
Sy dae lê oop voor my
Wat sal ek uit hulle kry?

En voordat ek iets vermag
Verdwyn die son se krag
En die dag het voor my gaan lê
Sy kop onder die horizon loop lê

En wanneer die son weer opkom
En jy bereken die som
En jy sien wat jy daaruit kry
Is gister, vandag en môre lankal verby

Lukas Engelbrecht

Friday 15 July 2011

Geld


Geld het ek genoeg
Waarom sal ek swoeg
Ek kan koop wat ek wil
En so my geld verspil

Ek kan nog baie kry
Daarom voel ek vry
Ek is nie afhanklik van enigeen
Vir geld sal ek nie ween

Ek gee geld uit
Totdat die winkels sluit
Dan eet ek my trommel dik
Totdat ek verstik

Orals kan ek gaan
Niemand kan my vermaan
Want die koste kan ek dra
Wie kan dan kla

Niks is te duur vir my
Onder armoede sal ek nie weer ly
Geen gebedel vir geld
‘n Koppie suiker of ‘n speld

Lukas Engelbrecht

My lied vir Jou


Ek soek na die woorde vir ‘n lied
Met so ‘n bietjie verdriet
‘n lied wat gesing kan word
terwyl jy ‘n traantjie stort

‘n Lied waarna jy kan sit en luister
en hees die woorde fluister
agter die sanger aan
terwyl jy staar na die maan

Met jou geliefde aan jou sy
Probeer jy ‘n traan vermy
‘n traan blink in die nag
haar hartjie, klein en sag

Julle glimlag weer
As jy die plaat omkeer
Dis net so mooi
Vir jou en jou nooi.

Lukas Engelbrecht

Thursday 14 July 2011

Grassies in die wind


Die grassies waai in die wind
Soos ‘n regte stoute kind
Wat hardloop en baljaar
Dit maak jou eintlik naar

Onophoudelik aan die gang
En niemand kan hom vang
Op en af, heen en weer
Vorentoe, agtertoe met een tree

Tussen al die grassies deur
En buig hulle voor hom neer
Geen grassie word ontsien
Elkeen ongevraagd bedien

Wie sal hom vas kan gryp?
Hom aan sy oor kan knyp?
Hom op sy boud kan slaan?
Of moet ons hom maar laat begaan?

Lukas Engelbrecht


Chaos


Wat maak ‘n miershoop in die veld
Tussen die wind en weer geweld
Stil staan hy net daar
Na die grootte hemel en staar

Goed beskerm teen die weer
Toegesluit is die deur
Geen vensters om deur te sien
Of is daar miskien?

Binne woel ‘n duisend mier of meer
Oral in die gangetjies deur
Dit werskaf en dit woel
Almal gerig op net een doel

Geen mier is uit sy plek
Soos ons hier op aarde chaos wek
Want elkeen het sy eie idée
Watter chaos bring dit nie mee?

Lukas Engelbrecht

Kos op die land


Wie is die eienaar van hierdie grond?
Wie is die baas van hierdie plaas?
Het jy al geploeg, wanneer laas?

Boer jy met bos of boom
Is dit jou droom
Nie ‘n mielie of ‘n dier
Niks, maar niks nie, hier

Daar is nie kos op die land
Sal dit maar moet verpand
Sodat dit bewerk kan word
Iemand sy hart daarin uitstort

Lukas Engelbrecht

Die dooie


Wie lê in die graf begraaf?
Wie se dors is gelaaf?
Wie se naam op die steen?
Wie was vir ons geleen?

Wat was sy lewe werd
Of was dit net snert?
Wat het hy gedoen?
Vir wie het hy gesoen?

Wat het hy beteken?
Op wie kon hy reken?
Waar lei sy spore heen?
Het hy gelag of het hy geween?

Nou lê hy net daar
Deur die aarde vergaar
Wat het hom hierheen gelei?
Wat het ons hieruit gekry?

Lukas Engelbrecht

Drinkwater


‘n Waterbak vir die bees
Staan alleen en lyk so wees
In die son lê die water blink
Net vir die bees ingeskink

Geduldig lê die water en wag
Om ‘n bees se dors te versag
Om sy dors te les
Op die bossies is die res

So help die waterbak die boer
Om vorentoe te loer
Na nog ‘n winsgewende jaar
Waar klein kalfies kan baljaar

So sien hy hulle kom en gaan
Daar waar hy jaar na jaar staan
Daar staan hy eenkant en alleen
En kort-kort ‘n traantjie ween

Lukas Engelbrecht

Wednesday 13 July 2011

Staan op


Vir die soveelste keer
was ek ten die grond vasgeslaan
help tog, O Heer
dat ek weer op kan staan

Met ‘n drang om te slaag
Moet ek weer gebin
Moet ek aanhou waag
Aanhou totdat ek wen

Ek is net ‘n mens
Ek wil gelukkig getroud wees
Met net een groot wens
En ‘n goeie vrou vir my man wees

Die pyn en swaarkry was nie verniet
Die pyn en swaarkry is nou verby
Nou sal ek die lewe kan geniet
Nou sal ek nie meer ly

Lukas Engelbrecht

My Valentine


Wanneer ek aan liefde dink
en my oë begin te blink
‘n glimlag te aanskou
dink ek aan jou

Wanneer ek liefde beleef
en dit voel asof ek sweef
jou liefde aan my knaag
bring vlinders in my maag

Wanneer ek na liefde soek
eensaamheid my besoek
en ek verlang na jou
my begeertes na my vrou

Lukas Engelbrecht

Skulpies


Skulpies op die strand
‘n Paartjies in my hand
Om saam huis toe te vat
Kyk hoe speel ek op die mat

Waar kom die skulpies vandaan
Die oseaan die spoel dit aan
Van diep binne in die see
Voer die glowe dit mee

Skulpies dood en leeg
Aangevoer met een veeg
Van die diepte tot op die strand
Skulpies op die strand

Lukas Engelbrecht

In my tent


In my tent langs die see
So vyftig of wat tree
Luister ek na die lied
Wat hy oor my giet

Oordonderend maar tog sag
Met die wind se ongelooflike krag
Speel hy sy deuntjie elke dag
En sus hy my na droomland in die nag

In my tent sit ek en luister
Na die liedjie wat hy fluister
Ek sit my eie woorde by
Woorde vir jou hier aan my sy

Die note val perfek
As dit in my tent in trek
Ek trek jou naderby
Tot hier styf teen my

Lukas Engelbrecht

Op die strand


‘n Ma en haar kind speel op die strand
Bou sandkastele in die sand
Heen en weer hardloop die kind
Na die golwe van die wind

Uitspattig geniet hy hom
As die golwe nader kom
Heldhaftig sal hy nader gaan
As die golwe verder gaan

Met ‘n glimlag geniet sy dit
Waar sy nou op ‘n bankie sit
In die golwe staan hul saam
Hand aan hand teen die golwe saam

Op ‘n handdoek op die sand
Speel ‘n ma met ‘n klein kalant
Dit is die liefde wat sy bou
‘n foto wat vir ewig hou

Lukas Engelbrecht

Ver, ver...


Ver, ver oor die vlaktes tuur ek
Wat vrede in my gemoed wek
Oor lande en bome
teenaan die aarde se some

Ek verwonder my aan die verte
Aan die natuur se merke
Want hoekom sal sit nou eintlik so wees
Wie het besluit waar elke boom sal wees

Elke boom met sy eie vorm
Ge-ets deur die natuur se storm
Maar ek hoor hulle nie kla
En ook na niks vra

Nou sing die wind deur sy blare
En saam vorm hulle ‘n skare
Dan sing hulle saam
En hulle is nie eers skaam

Lukas Engelbrecht

Ek kyk na jou


Mense loop op die strand
Kaalvoet in die sand
as die golwe om hulle spat
tot by die kuite is hulle nat

maar die pense hang oor die broek
iewers skree iemand “Snoek”
dan has hul, hul na die skuit
en beskou die dag se buit

‘n vis te koop, ‘n vis te braai
Terwyl die suid-ooster buite waai
En die bier die vloei
Nog ‘n coke om in te gooi

Want by die woonstelvenster kyk ek uit
Na die mens se jolyt
En wonder wat gaan aan
En wonder oor ons bestaan

Lukas Engelbrecht

Tuesday 12 July 2011

Ek sien mense.


Ek sien mense hulself met hulself vermaak
Terwyl hulle dwase van hulself maak
Hulle in hulle eie wysheid verstik

Ek sien mense wat die wêreld besit
Soos dooies hulle bene regskud
En agter onbenullighede aan hardloop

Ek sien mense spot met die geestelike
 en aanhang aan die verganklike
Dit wat verbygaan verhef hulle

Ek sien mensehelde van mense
Wanneer hulle hul vergelyk met mense
En kompeteer om die liggaamlike

Ek sien mense hul liefde goedkoop
Maar dit waarvan hulle oorloop
Is hulle eiewyse dwaasheid

Lukas Engelbrecht

Die mens se wysheid


In my hart is daar ‘n leegte
‘n soeke na my deugde
die verwarring wat dit bring
laat my ‘n banneling

Die mens se wysheid
Verander tog mettertyd
In hulle dwaasheid
En glo ‘n nuwe wysheid

Dit laat my voel
Van die middeljare oorgespoel
Van die toekoms gekom
Soos ‘n onkruid te blom

Hard sal die mense swoeg
Maar die land bly ongeploeg
Terwyl my gesaaides staan
En niemand daar ingaan.

Lukas Engelbrecht


'n Lewetjie


‘n Bietjie man en baie vrou
‘n klein lewetjie ontvou
met die hulp van God se hand
in haar ma se ingewand

‘n Delikate sel-vermeerdering
groei tot ons verwondering
uit liefde bymekaar gebring
van sel tot suigeling

Hoeveel wonders het gebeur?
Hoeveel rose se geur?
Hoeveel diamante se glans?
Hoeveel feetjies se dans?

Om jou vir ons te gee
Wanneer jy die lewe betree
Onthou dan hierdie woord:
Jou liefde kan nooit te groot.

Lukas Engelbrecht

Vergroeisels


Hulle staan soos vergroeisels
Dit wat ons die ‘mens’ noem

Op die elektron
Wat ons ‘aarde’ noem

In die atoom
Wat ons ons ‘sonnestelsel’ noem

In die molukuul
Wat ons die ‘heelal’ noem

In die stelsel
Van dit wat ons ‘God’ noem

Lukas Engelbrecht

Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?


Het jy nie ‘n doel in my lewe
dit waarna ek strewe?
Het jy nie vir my rigting gegee
betekenis aan my lewe gegee?

Was jy nie die vriendin
wat ek bemin?
Was jy nie die glimlag
wat op my wag?

Was jy nie die reënboog
in my oog?
Was jy nie die lied
wat in my hart opskiet?

So, al gaan ek nou ook dood
en gooi hulle my in ‘n sloot
Dit is wat jy moet weet
Hoe sal ek jou ooit kan vergeet?

Lukas Engelbrecht

Jy is 'n Wonderwerk


Soos die geboorte van ‘n kind
Soos die rigting van die wind
Soos die wolke wat bly sweef
Soos die reën wat weer laat leef
So is jy ‘n wonderwerk

Soos die son weer op sal kom
Soos dou druppels op ‘n blom
Soos die strale van die son
Soos die berge van beton
So is jy ‘n wonderwerk

Soos die golwe van die see
Soos die wind die aarde vee
Soos die maan die nag verlig
 Soos ‘n engel se gesig
So is jy ‘n wonderwerk

Soos ‘n Swaeltjie in die lug
Soos ‘n Arend in sy vlug
Soos die blare aan ‘n tak
Soos die son wat weer sal sak
So is jy ‘n wonderwerk

Soos jou drome in die nag
Soos die maan wat vir jou lag
Soos die glinster van ‘n ster
Soos die hemele daar ver
So is jy ‘n wonderwerk

Lukas Engelbrecht