meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Wat is dit die?

Wednesday 11 March 2015

Wat is dit die?


Ek sit hier en wonder oor die lewe
Oor dinge wat jou siel sal laat bewe
Oor hierdie oneindigende baan
Wat ons as die lewe verstaan
 
Ek gaan maar net aan en hoop
Dat Iemand weet waarheen ek loop
Al in die rondte loop my pad
Dit lyk my ek het alles oorskat
 
Ek het gehoop en gereken
Dat hierdie lewe iets beteken
Soos ‘n tol wat bly spin
En ek eindig waar ek begin
 
Is daar hoop in hierdie lewe
Of is dit ‘n gegewe
Van geboorte tot die dood
Wonder ek of is daar hoop
 
Nikswetend gaan ek maar voort
Maar dis nie hoe dit hoort
Ek het regtig mer verwag
Miskien te veel verwag
 
Lukas Engelbrecht
 
 
 
 

No comments:

Post a Comment