meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Monster

Sunday 8 March 2015

Monster


Voorbereid stap ek in
Gretig om te begin
Om die monster te tem
Met ‘n voorbereide lem
 
Met die lem van my geloof
Sal ek sy binneste oopkloof
Sodat dit alles uit sal val
Met ‘n klinkende geknal
 
Om as oorwinnaar uit te tree
En van geluk te kan skree
Met ‘n glimlag rond te loop
En ek U voor almal loof
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment