meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Hoop

Sunday 8 March 2015

Hoop


Wie gaan dobbel sonder ‘n bietjie hoop?
Wie gaan dobbel sonder ‘n bietjie geloof?
En al werk dit nie
Sal dit hulle nie stuit
 
Weer en weer sal hulle gaan
Al is hulle geloof en hoop gedoem
Maar daar is altyd nie hoop
Vir geluk in hulle skoot
 
Sonder hoop sal hulle nie terugkom
Om ‘n ietsie ekstra te bekom
‘n bietjie geluk sal hê
As ‘n tjekkie voor hulle lê
 
Elke keer is daar hoop
Al moet hulle platsak loop
Hoop vir ‘n volgende keer
Laat hulle weer terugkeer
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment