meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Posduif

Wednesday 11 March 2015

Posduif


(vir Chris Chameleon se Facebook blad)
 
1
Op die vlerke van die wind
Skryf ek vir jou ‘n brief
En ek hoop dat die posduif jou sal vind
Sodat jy sal weet ek het jou lief
 
2
Ek stuur ‘n briefie met ‘n posduif vir jou
Net om te sê: ”Ek berou
Die dag toe jy weggegaan het”
Want ek voel jou nou nog hier in my bed
 
3
My woorde fladder deur die lug
Soos die vlerke van ‘n duif
Om ‘n plek in jou hart te vind
Deur die liefde wat ons bind
 
4
Ek stuur ‘n posduif na jou
Ek stuur my liefde na jou
Ek stuur my woorde na jou
Ek stuur akkoorde na jou
 
5
Wanneer die posduif weer terugkom
Met woorde wat uit jou hart uit kom
Hou ek die hemele dop en wag
En gee nuwe hoop my weer krag
 
6
‘n Posduif met ‘n briefie aan sy poot
Van my liefde wat net aan jou behoort
wat deur die bloue hemel sweef
op soek na waar my liefde leef
 
7
Soos die vlerke van ‘n duif
Sprei my arms om jou lyf
En fluister ek my liefde in jou oor
Voordat die posduif dit verloor
 
8
Ek stuur ‘n posduif om my wense te bring
Luister met jou hart as hy my liedjie sing
Deel my gedagtes in jou binneste
Want in my hart is jy die eerste
 
9
Al lyk my posduif soos ‘n pappegaai
En kan hy soms liedderlik lawaai
Laat hy jou met my boodskap paai
Voordat jy sy nek omdraai
 
10
Ek wag nog vir ‘n boodskap van jou
Die aanvaarding van my berou
Ek dag my oë het my bedrieg
Want die posduif het net verby gevlieg
 
11
Aan sy poot het ek my briefie gerek
Maar my posduif het gevrek
Nou lê ek maar hier my wonde en lek
Terwyl ek van eensaamheid vrek
 
12
My gedagtes vlieg die ewigheid in
Na ‘n hart waarin hy kan klim
Om ‘n warm Nessie te kan vind
Waarin my liefde rus kan vind
 
13
Soos ‘n posduif vlieg ek na jou
Gedagtes, wense, begeertes na jou
Om jou met my vlerke toe te vou
Met ‘n kokon van liefde te omvou
 
 



No comments:

Post a Comment