meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die spieël

Wednesday 11 March 2015

Die spieël


Weereens kyk ek in die spieël
Net om te sien hoe het ek my verniel
Dit is om van te huil
Maar dan kam ek my hare in n nuwe styl
 
Nou lyk ek weer jonk
Met die jeug se vonk
En aantreklik daarby
Ek het my jeug terug gekry
 
Maar aan hierdie kant van die spieël
Bly ek steeds verniel
Hier is alles soos dit was
As die wasem oor die spieëltjie was
 
Wat moet ek uit hierdie droom bespeur?
Staan die dood voor die deur
Wat die jeug terug sal bring
Of is dit net ‘n wens in my binnekring?
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment