meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die gode lag

Wednesday 11 March 2015

Die gode lag


Gode en godinne onhoog
Lag hulle trane droog
As hulle na my lewe kyk
Want dwaashede raak ek kwyt
 
Groot genot verskaf ek
Soos ‘n dwaas soos ‘n gek
‘n slaapwandelaar in die nag
Soos ‘n dronkaard in sy slap
 
Help sal hulle my nie
Want dan sal hulle nie meer lag nie
Want in hierdie sirkus is ek nie nar
‘n skip wat nêrens heen vaar
 
En wanneer hulle lag verby is
En hulle my die dood in sus
En hulle vir my daar anderkant wag
Sal ek saam met hulle lag
 
Lukas Engelbrecht
 

 

 

No comments:

Post a Comment