meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Bloedrooi Lint

Wednesday 11 March 2015

Bloedrooi Lint


My woorde lê nog nat op die papier
Toe ek dit aan die posduif bind
En al is dit ‘n baie ou manier
Veral met ‘n bloedrooi lint
 
Ek hoop dat jy sal kan verstaan
En my briefie sal kan lees
Dat die ink nie vir ewig sal bestaan
En dit so gou moontlik sal lees
 
Want in die woorde is daar verskuil
Tussen die woorde is daar verberg
Dat ek elke aand oor jou huil
Totdat die slap my trane verberg
 
Maar die ink is nou droog
En het van die papier geval
Deur die jare verdroog
En nou lê my hart in die gal
 
Lukas Engelbrecht
 




No comments:

Post a Comment