meta content='Afrikaanse Gedigte' name='description'/> Lukas se Gedigte: Die Bloekoms

Monday 9 March 2015

Die Bloekoms


Oorkant die dam teen die bult
Staan die bloekoms wild
Wie het hulle saad gestrooi?
Wie het dit daar gegooi?
 
‘n Bos bloekoms teen die rant
Asof deur iemand daar geplant
Majestieus troon hulle uit
Na die Hand waaruit hulle spruit
 
Lukas Engelbrecht
 
 
  
 

No comments:

Post a Comment